Gas by ‘n spesiale geleentheid

Gister in die Lewenswetenskappe klas kom vra Pretty of sy my asseblief kan sien na klas. Gedagtig aan vorige probleme tuis waarvoor sy my in haar vertroue geneem het vir hulp, dag ek daar is weer moeilikheid.

Sy kom staan teenaan my, ogies op die grond en praat so saggies ek kan amper nie hoor nie. “Mam, it is PAT evening tonight and I have no one at my table.”

Siestog, my hart huil vir haar. Dis hulle tweede praktiese eksamen en elkeen moet gaste by hulle tafel hê. Sy woon soms by tannies in die dorp wat haar nie goedgesind is nie; en soms woon sy by haar sussie en ry dan elke dag vyftig kilometer bus na ons skool toe. ‘n Harde, arm lewe.

“I will come Pretty, I will be there as your guest.”  Ek spring gou op my selfoon en laat weet vir Roelf ek neem hom uit vir ete by die skool se restourant, hy moet sorg dat hy sy werkery so beplan dat ons ses uur by die skool kan wees.

Toe die klok na skool lui is sy weer daar. “Mam, can you still come tonight? Are you sure you can come?” Ai, ai. Arme kind. “Yes sweetie, I’m sure I can still come, and I am bringing my husband with.” Ogies sommer dadelik blink van die trane.

Sy was deel van die span wat in die kombuis gewerk het vir die aand, maar ons was skaars daar toe sien ek ‘n gesiggie loer en ‘n handjie wat waai. Seker die hele tyd geloer tot ons kom.

Gedurende die aand verlaat sy haar pos in die kombuis om te kom vra of alles reg is. Ek en my man sit alleen aan by die grote tafel. Aan die einde van die aand kom sê sy dankie dat ons gekom het, en toe hulle huistoe gaan kom groet sy en sê sy gaan nou.

Ek het sommer ‘n klomp foto’s geneem en sal vir haar laat druk vir ‘n presentjie.

Ek staan bekend as ‘n kwaai juffrou, ja… maar ek het ‘n baie sagte hart vir sulke seerkry kindertjies en ek voel baie spesiaal dat ek haar gas was vir haar spesiale aand.

Advertisements
Categories: Skoolhou | Sleutelwoordw: | 6 Kommentaar

Artikelnavigasie

6 thoughts on “Gas by ‘n spesiale geleentheid

  1. Daar is ek toe nou in trane. Sy gaan dit haar hele lank onthou dat jy daar was vir haar ! Jy is ‘n vooerbeeld vir almal !

  2. Imagine, oor 40 jaar skryf sy op met haar gedagtes op so silicon chip, hoe Juffrou Kobie die onderwyseres was was haar hele lewe verander het. Glo my maar. En dalk soek sy jou op, jy met jou rosyntjiegesiggie en die pers koppie daar op die ouetehuis-stoep.

  3. Gogga

    Daai kinders kan darem jou hart diep raak. So vertel my broer my van een van sy leerlinge. My boetie bly op die skoolgronde ne 5 uur die oggend toe hy die hek oopsluit toe sit die kind daar. Hy vra toe hoekom is hy so vroeg en hy se “sir, I am here everyday at this time. I live 100km form this school and need to get up at 3 to get here cheap” die arms kind kry ‘n lift in so vroeg.
    Hy kan na ‘n ander skool toe gaan maar hy wil die skool he want dan kan hy ‘n kans staan om verder te leer.
    Trane in my oe en gedagtes van sulke kinders laat my wens ek het geld om daai kinders die geleentheid te gee deur ‘n trust of ‘n ding.

    • Mens kry in alle skole sulke kinders wat ‘n geleerdheid WIL he. Ongelukkig staan die meerderheid bakhand vir alles. Van skoolfonds tot punte.

  4. Lekker geniet dankie!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: