Hoe weet jy as jy migraine het?

Iemand vra anderdag vir my hoe weet jy as jy migraine het. My antwoord was: ‘Jy wéét. Jy sal nie twyfel nie.

Miskien moet ek tog probeer verdeuidelk.

Dit voel of iemand een kant van jou kop (ek kry linkerkant migraine) in ‘n vice vasklem en al hoe stywer draai. Dan probeer iemand jou oog wat wil uitpop met ‘n stomp lepel uitgrou om by die brein agter die oog te probeer uitkom. Grou en grou en grou.

Iemand anders druk sy vuis in jou keel af  terg die leeu in jou maag. Die arme gewonde leeu brul en brul om van die vuis te probeer ontslae raak. Tevergeefs. Gelukkig is dit net die honde wat dit vandag aanhoor. En die arme Emelina.

Iemand anders vat jou senuweepunte en maak geluide meer intens. Die honde wat die zebras prbeer verdryf blaf reg in jou oor. Baie skirl. Die desibels hoër as enige ander dag. Ligte skyn skerper. Die sonlig wat na twee dae agter die wolke uitloer het êrens ‘n intensiteit bygekry wat jou laat wonder of die einde nie dalk hier is nie.

Nagmerries voel werlkiker as werklik as jy uiteindelik aan die slaap raak. Oopmond lê en drool en nie eers omgee as Emelina stilletjie deur die kamer sluip om die gestrykte klere in die kas  te hang nie.

En dan skielik is dit weg. Sommer net weg en al wat oorbly is iemand wat ‘n sak om jou kop bind sodat jy deur ‘n dowwe dwaal na die wêreld om jou kyk. Koolkop wat skielik nie kan spel nie. Koopkop wat nie weet wat is ses maal agt nie. Koolkop wie se gesig opgepof staan van al die marteling.

Maar vandag het iemand die ander iemands in die kamer toegemaak. Hulle wil nie weg nie. Koolkop wil nie kom nie.  Miskien kom Koolkop deur die nag.

Koolkop wat môre voor ‘n klas moet staan. Koolkop wat die briefies gaan sien wat die skindergroep in die hoek van die personeelkamer vir mekaar aangee. Koolkop wat gaan sien hoe hulle lag. Koolkop wat net sal fokus op die groen uitgedroogte gogga op die gordyn.

Koolkop wat gister net oordentlik was om ‘n stukkie sjokolade koek te eet na kerk saam met haar tee by iemand wat ‘n kuiertjie spesiaal wou maak. Sjokolade koek wat gewoonlik ‘n lae risiko is maar die snaakse smaak in die versiersel  was die onbekende faktor wat vandag marakkas maak.

Die onbekende faktor wat al die iemands om my kop hou vandag.

Nou weet jy ook. As jou so voel dan weet jy dat jy migraine het.

Advertisements
Categories: Sommer maar net | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Hoe weet jy as jy migraine het?

  1. Ek het SOVEEL simpatie! Ons eet nie gevvriesde groente nie, maar ek hou ‘n pak aan vir my nek. Vir sulke tye. Ek stuur Koolkop reguit na jou toe!

  2. Weet nie hou voel dit nie ! Xx

  3. Gogga

    Beslis, JY WEET. Dit voel of ‘n mannetjie in jou kop op ‘n skateboard rondjaag met lemmetjies in sy wiele.
    Dan voel jy dae later of jy eintlik ‘n vampier is en die son gaan jou oe brand as jy hulle oopmaak.
    Ek het nou die dag een gehad wat my vir 4 dae platgetrek het.

  4. Terug pieng: Soms moet ‘n mens ‘n strepie trek « Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: