Orde in die huis

Die posisie in jou gesin bepaal baie dinge in jou lewe. Ouers is gewoonlik strenger met die oudstes, bederf die jongstes meer. Middelkinders is soos tieners; nog vis, nog vlees.  Dis net so… Oeroud soos die mensdom self en onbewustelik gaan die kringloop aan en aan.

Ons is ‘n spannetjie van agt, die trots van my Ma en Pa.

So bepaal my posisie vir my baie dinge. Ek is ‘n middelkind, die vyfde van die agt. Maar ek is ook ‘n oudstekind, want ek is die oudste van die jongste vier met ‘n gaping van vier jaar tussen nommer vier en my. Indringerkind wat daardie jongstekind se plek ingeneem het. Kleinstekind, want die res van my gesin is gewone mense en ek is klein. Die oudste drie is tieners, besig met belangrike skool- of plaashuiswerk. Saam met die nét ouer sussie durf ek nie speel nie, die indringer word net afgeknou. Die jonger twee maak ‘n groep, Three’s a crowd, en Boetie is ‘n baba.

Allenigkind.

Jou posisie bepaal ook dat jy aan ander gemeet word. Ons jongeres was  voortdurend gekasty deur onderwysers as ons nie dieselfde akademiese prestasies lewer as die oudstes nie. Van ons moes sommer klas uitvee net by die aanhoor dat jy die rebelse tweede een se sussie is.

“Laat hulle weer hardloop!” skree die boepens oom op die Boeresport. “Ons wil sien hoe hardloop daai kleintjie haar sussie weg!” En dan hardloop almal maar weer en jy word nog verder Indringerkind. Twee Seerkinders.

Arme, arme Boetie; lankprobeerdekind wat net sussies was en toe ‘n glips; word aan Sewe Susters gemeet. Kroonprins in die huis, maar geen wonder hy was so ‘n helsem by die skool nie. My arme ouers word vir die eerste keer ooit ingeroep by die skool vir stoutighede.

Al word ons buite ons huis gemeet aan mekaar, was dit nooit, ooit binne ons huis gedoen nie. Elkeen is ‘n individu. Elkeen het ‘n reg om te wees. Die inherente geskuur aan posisies bring net diamante uit en elkeen se unieke eienskappe word uitgeleef en versterk. Soos ons groot word skrop elkeen sy eie werf  en vervaag die orde tussen ons, want op grootmensvlak is ons almal gelyk  en net Ma en Pa se kinders.  Ons is baie, baie lief vir mekaar en familiebyeenkomste is groot, ons sóék ‘n rede vir ‘n fees. Net om bymekaar te wees. Sonder onderskeid.

Al was ek soms geweeg deur buitestaanders en te lig bevind oor die posisie wat ek in my huis beklee het, ek het lankal besef dat dit nie sáák maak wat my posisie daar is nie – want ek is God se kind. En Hy het net kinders.

Nét kinders.

Advertisements
Categories: Sommer maar net | 6 Kommentaar

Artikelnavigasie

6 thoughts on “Orde in die huis

  1. Hierdie kon net sowel my storie gewees het. Ek is ook ‘n onsigbare middelkind.
    As tweede oudste van 8, was ons drie oudstes 18 maande uitmekaar gebore en ‘n groepie. Kry die oudste ‘n voorreg, was dit die oudste. En as jongste kon die jongste menigmaal ook sekere voorregte kry.

  2. En ek is net die derde dogtertjie gewees- baie ronder as die ander twee wat blykbaar nie so goed wou eet nie ! en as my Ma ‘n lepel nader gebring het- wou ek blykbaar net hap- hap ! ( seker hoekom ek nou-nog ronder is as die ander )

    Ek was ook maar geteiken oor die “slimgeite. ” Hoekom spring jy nie ook in die skool nie- , is jy dan nie een van die slim Petoorsies nie ? ” moes ek baie keer hoor .

  3. Ek dink tog dat mens voordele alle kante toe het. Dit was soms vir my voordelig om onsigbaar te wees. Net soos wat ek geleer het om my kleinheid soms te misbruik, al was dit eers onbewustelik. En al my rolle wat ek gespeel het, het net ‘n meer gebalanseerde produk gelewer.

  4. ek dink ek was baie naief- en Ouma Pretorius was my bondgenoot .Ek dink noghal ek was daar ‘n gunsteling-alhoewel ek nie die “naam ” gehad het nie

    Ek het baie verbeelding gehad- en altyd geglo ek is ‘n verlore prinses ( van Oupa Winnertz se kant af- Altyd geglo eendag gaan iemand hierdie “ANNA MARIA ” kind raaksien en dan gaan ek baie goed he- klere, poppe , geld ens.

  5. Dankie. Ek het hierdie skrywe baie geniet. As jul almal bymekaar is, is dit seker n groot fees!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: