Ongewone gas in die klas

Al het ek Chemie gestudeer en jare in die industrie gewerk, bly LEWE my voorkeur. Die veld.  

Die kinders het gou agtergekom dat Juffrou nie bang is vir goggas nie, en kom wys graag ‘n mooi diertjie of ‘n ding. Dra spinnekoppe aan en vra ek moet dit identifiseer. Dra versigtig ‘n slangvervelseltjie aan wat hulle by die visdam gekry het. Verlede jaar het ek tot ‘n klein spoegkobratjie in ‘n asblik gekry. Kwaai klein boggertjie, maar nou besig om die dorp se muise te beheer vanuit die veldjie agter die skool.

So kom daar toe nou vandag ‘n kind aan met ‘n klein vrugtevlermuis op sy serp. “Net in die klas ingevlieg Juffrou. Die kinders wil hom doodmaak, toe bring ek hom maar liewer vir Juffrou, want Juffrou sal weet wat om met hom te doen.”  Jippie… êrens is iemand met respek. Die terreinpersoneel was besig om ‘n boom af te kap, ek dink dit was dalk haar huis.

Die sysagste diertjie. Ek het haar gevat en op my arm gesit. Sy het dadelik teen my arm begin opkruip, skoon windverskrik. Dié wat nie te veel gegril het nie het aan haar sagte pelsie gevoel. Vir die eerste ruk het ek haar maar in die donkerte van ‘n laai gesit, en toe ek kon, op ‘n plekkie agter ‘n geut teen die agterkant van die klas.

Lewe nog ‘n dag, liewe vlermuisie, sommige kinders is wrede goed.

——————————————————————————————————————————————–

Naskrif:

Hierdie was my presentjie die volgende dag – 30cm huisslangetjie

Advertisements
Categories: Skoolhou | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Ongewone gas in die klas

  1. ‘n Boervrou van Namibiê vertel my die boere maak die uile so dood daar. En die ystervarke. En die likkewane. Sommer net. Hulle glo hulle moet.

    • Dis eintlik so hartseer. Ek probeer om nie diere dood te maak nie. Slange (giftige) wat in my huis inkom bedreig egter my veiligheid, en ek voel jammer agterna. Se askies.

  2. Ek het baie respek vir die nutuur. Maar by vlermuise trek ek die streep. Veral as hulle in die nag om mens se ore swiep swiep

    • In ons ou huis het ons kraletjies voor die oop vensters en balkondeur gehang om te keer dat hulle inkom. As jy EEN aand vergeet dan is hulle in. En hulle het altyd spesifieke plekke gekies om te gaan sit en rus, en piepie dan op alles

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: