Sonde met die diere

Vandag kla ek met ‘n sponskoek onder die arm. Nie eers ‘n witbrood nie.

Ons het twee troppies zebras op die plaas, die een wilder as wild en die ander ene mak. Of makkerig. Vreet nou nie uit my hand nie, maar wei om die huis en hol nie weg vir my of die honde nie.

En dís nou juis waaroor ek wil kla. Kan die goed nou nie net ander plek loop wei nie? Nee. Die grassies wat mooi groen uitslaan op my stoepie se drumpel waar Roelf elke week sy kar was is mos nou juis die sappigste. Die poeding op die plaas. Ek bly mos regtig-egtig  in die bos, nie grasperke en mooi tuine nie. Net wilde gras wat netjies gesny word om die huis.

My arme honde weet nie meer waarheen nie. Nou staan hulle en blaf en blaf en blaf en blaf en blaf en blaf en blaf en blaf en… kry die idee? Kort-kort kan arme Boesman die Staf dit nie meer hou as hulle net vyf treë van sy kosbak wei nie. Dan storm hy hulle met ‘n groot gedruis. As julle al ooit ‘n zebra sien wegtrek het, dan weet julle dat dit met ‘n gepoep en geproes gebeur. Agtertoe skop en twee treë verder staan hulle weer. My arme hart is skoon op hol van al die asemhou van die honde onder die hoewe.

Hieronder is Vettie (van ons diere het name) die ongelooflike moeder. By haar is haar twee dogters van die vorige twee seisoene, en in die pens enetjie wat baie binnekort gaan kom. Die merrietjies bly in die trop, terwyl die seuntjies verdryf word. Ou Hings is baie kwaai, hy het so paar weke terug ‘n seuntjie wat nie ore gehad het om sy ma te los nie so gekarnuffel dat hy dood is. Die kleinste enetjie wil weer begin suip, so Vettie se melk begin seker produseer.

 

Netnou besluit ek toe GENOEG is nou GENOEG. Die eerste ding wat ek in die hande kry is ‘n halwe Coke bottel wat ek gebruik om plantjies in te kweek. Gooi vir Hings netjies op sy boud, maar sal so ‘n vermetele Hings nou nie ‘n drie-dubbele poep gee en op die ding gaan staan en spring tot hy flenters is nie. Wie is ek nou om hom van die poeding weg te jaag?

So sponskoek onder die arm of nie. Genoeg is soms net genoeg.

Advertisements
Categories: Plaaslewe | 14 Kommentaar

Artikelnavigasie

14 thoughts on “Sonde met die diere

  1. tandula

    hoe lag ek nou! Laat my dink aan my geliewe Darth hond. My honde is twee van die grootstes in die park, en elke nou en dan wil van hierdie windgat klein hondjies hulle probeer weg-blaf of iets. Nou Darth is ‘n rustige mannetjie, want hy kry baie oefening, so sulke gefrustreerde klein hondjies pla hom min. So min, dat hy nes ‘n zebra paar tree wegstaan, gou kyk of iemand sien, en dan nader staan en die klein hondjie papnat pie!

  2. Dit is eintlik oulik ! Hulle kan darem bietjie bemesting op die gras los !

  3. Hoe gelukkig kan mens wees? Zebras se velle is vir my so mooi.

  4. Ek sit lekker hier op my eie en lag vir die zebra wat op die cokebottel spring!

  5. Lekker lag ek vir die coke bottel episode…. lyk my jy is Klaas op jou eie plaas… sponskoek en al.

  6. Terug pieng: Lewensiklus « Slakkelak

  7. Terug pieng: Soms moet ‘n mens ‘n strepie trek « Slakkelak

  8. Terug pieng: Draadstrikke | Slakkelak

  9. Terug pieng: Ledigheid is die duiwel se oorkussing | Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: