Ek is boringste boring verby

Maankind praat van boring. Ek dink elke mens het maar sy eie idee van wat daardie boring woordjie beteken.

Vir my is rugby boring. Die sokker wat die land so gaande gehad het, het my teen die mure uit gedryf. Ek kon nie wág vir elke sokkerentosias om die land te verlaat nie. Praat jies oor die nuuste flieks en filmsterre verveel my so ek kan soos ‘n plat spinnekop die mure uitdraf. Malls en winkelsentrums is seker een van die heel, heel boringste plekke op aarde. Ek haat klerewinkels, en koop gewoonlik as ek iets sien wat my aandag trek en vir my pas. My dogters weet waarvan ek hou, so hulle koop sommer namens my. Dis vir my uiters, uiters boring om in ‘n restaurant vol mens te sit en eet.

Ek het met my nuustste speelgoed gespeel vandag, en dit was nie vir my boring nie, dit is vir my terapeuties om te skep. Gister het ek heeldag ‘n saal vol mense tydens ‘n provinsiale boogskietkompetisie vertel wanneer hulle mag skiet en wanneer nie , en dit was nie vir my boring nie. So gee ek terug en bly betrokke in my sport terwyl ek nie nou self kan kompeteer nie. Self kan ek vir ure alleen staan en skiet, en dis nie vir my boring nie, ek oordink al my sondes so.

Om my hele Desenbervakansie met ‘n spuitkan op my rug te loop en Pom-pom weed en Lantana spuit is nie vir my boring nie, dit beteken ek kan die heeldag in my geliefde veld loop. My kamera gaan ook saam en ek kan soms net ontspan by ‘n pragtige gogga of ding. Ek het juis die pragtigste paddatjie so gekry. En ek het heeldag geselskap, ek praat met God en Hy praat met my, en dis vir my genoeg. Ek gee nie om om agter ‘n bos te piepie as ek gaan stap nie, dis nie vir my boring nie, ek hersikleer nutriënte en water vir die watersiklus. Dis nie vir my boring om stoksiel alleen te bly nie, ek is nie skaam vir my eie gedagtes nie.

So is ons almal se doen en late vir iemand boring, en vir iemand interressant. Wat vir my belangrik is, is dat ons almal repek moet hê vir mekaar, want dan maak boring nie meer saak nie. Daar is ‘n plekkie vir ons almal onder die son.

Advertisements
Categories: Sommer maar net | 9 Kommentaar

Artikelnavigasie

9 thoughts on “Ek is boringste boring verby

  1. Ek is besig om iets te skryf (nie noodwendig vir blog nie) oor Jou bietjie is my baie. Alles is maar persepsies. En dis goed so!

  2. Ek hou ook baie van jou vervelige lewe! Klink na pret vir my!

    • As elke mens nie vir homself pret MAAK nie, gaan die lewe by jou verbygaan. Eendag wil ek vir my kleinkinders vertel wat Ouma alles GEDOEN het, nie wat ek graag WOU doen nie.

  3. Vir my is naaldwerkdoen boring. My skoonma het altyd vir almal gese :” Annemarie kan nie naaldwerk doen nie, want sy is links ”

    Vir ander mense is dit seker boring as ek my kleinkinders se fotos op faceboek sit, maar ek deel hulle met almal. As iemand nie wil kyk nie, hoeh hulle nie

    • Naaldwerk is soms nie boring nie. Net nie reperasies nie! Dit HAAT ek. Maar dit is darem lekker om vir my dogters fancy rokke te maak.

      Gebruik jou links soos ek my kleingeid gebruik… wanneer dit jou pas 🙂

  4. Ek dink elkeen sien boring uit ‘n ander perspektief. Dis soos skoonheid – beauty lies in the eye of the beholder. Vervelig ook 🙂

  5. Ek sal kan inpas in jou vervelige lewe. Ek is ook lief vir die veld.

  6. Terug pieng: Boring…. « Toortsie se Blog

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: