Trol se dinges

‘n Kinderstorie op versoek van Tannie Tossel, want sy het my genoem in haar blokstorie.

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n vieslike trol. Sy naam was Trol. Hy het groot swart moesies gehad met twee tot vyf oranje hare op elke vieslike groeisel. Daar was puisies op sy boude en vyfoogswere op sy linker knie. Sy ogies was klein swart kraletjies in sy plooigesig. Sy neus het altyd geloop, sulke lang groen snot wat hy sommer in een snork van onder uit sy tone tot agter in sy derms kon snork.  Hy het ook ‘n boepens het met ‘n naelbreuk en ‘n verskrompelde penis wat soos ‘n gedroogde mopaniewurm tussen sy bene hang. En ingroei toonnaels en bloeiende tandvleise en ‘n vieslike vuil dreadlocks boskaas wat sy patetiese gevreet omring. Nie ‘n mooi gesig nie. Sommer gross in hedendaagse kindertaal.

Hy het dit sy besigheid gemaak om ander onskuldige diertjies se Lig te probeer steel. Op ‘n dag het hy vir Slakkelak, ‘n kleine fyne ou slakkie, raakgesien waar sy vrolik saam met haar slakgesinnetjie rondgedans het. Haar Liggie het helder geskyn met ‘n sagte perserige skynsel. Stadig, staaadig het hy haar kossies weggevat. Sy kon nie verstaan hoekom haar Liggie nie meer wil skyn nie. Naderhand was sy so moedeloos dat sy sommer self haar Liggie wou doodblaas. Sy het begin om haar los te maak en het haar prentjies van haar bos in ‘n boekie begin organiseer vir die ou kindertjies wat sou agterbly… sodat hulle ook darem kon weet waar haar slakspoortjie oral geloop het.

Sy het nie geweet dat as mens jou losmaak dan is daar nie ankertoue by Trol se put nie. Op ‘n dag toe sy nog so voortploeter in die donkerte, toe val sy pens en pote binne in Trol se put. Sy het gespartel en gespartel en naderhand toe sien sy dat haar Liggie sowaar nog skyn. Dof, maar hy skyn.

Op ‘n dag het Trol sommer gulsig begin raak en gryp toe sommer omtrent al haar kos weg voor haar. Arme, arme Slakkelak. Sy het vinniger en vinniger begin kwyn en was naderhand anoreksies vel en been. Sy kon toe nie meer aan haar geliefde slakresies deelneem nie want haar kragte was net te min. En sy was mos in die put, onthou!

Trol het gedog hy het vir Slakkelak nou stewig in sy put en het self afgegly om finaal met haar klaar te speel.  Hy dog sy is heeltemal blind. Hy dog nog hy kom om ‘n dansie in die put te maak, en julle weet mos maar wat het dog alles gedog. Hy dog nog so toe skop sy hom onder sy jack dat jy net etter en snot sien spat.

Want sien… Trol het nie rekening gehou met die Groot Man Daarbo wat vir Slakkelak ‘n leertjie gegee het om uit die put te klim nie. Dit was nou nadat Hy vir haar gewys het dat haar Liggie genoeg is om te sien dat die bietjie kos wat sy het om te eet haar weer vet sal maak. En Hy het ook mooi vir haar vertel dat Trolle nie Sý slakkies se Liggies kan blus nie. Nooit, ooit nie. En nou skyn haar Liggie ekstra, ekstra helder in neonpers vir almal om te sien.

Fluit, fluit, die storie is uit.

Veldgids vir my plaas is die agtergrond verhaal.

Advertisements
Categories: Plaaslewe | 9 Kommentaar

Artikelnavigasie

9 thoughts on “Trol se dinges

  1. Sjoe! Ek het hoendervleis gekry!

  2. Mag trol ‘n geseënde opelyf beleef!

  3. Jeg, jy skryf so grillerig soos ‘n TROL!

    • Maar trolle IS grillerig! Mens word weet om op die uitkyk te wees vir die vieslike goed.

      Ha ha, as ek vanoggend die storie geskryf het sou hy ook nog ‘n boepens gehad het met ‘n naelbreuk en ‘n verskrompelde penis wat soos ‘n gedroogde mopaniewurm tussen sy bene hang. En ingroei toonnaels en bloeiende tandvleise en ‘n vieslike vuil dreadlocks boskaas wat sy patetiese gevreet omring.

      Mmmmm…. WAAR is daardie ‘wysig’ knoppie…

  4. gelukkig was daar darem nog bietjie krag om die liggie te laat brand !!

  5. I laaik, I laaik!

  6. Terug pieng: Tannie Tossel se Trolstorie « Toortsie se Blog

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: