Verlange

Vandag is een van daardie dae wat ek sommer net in die bed wou bly. Kop onder die kombers sodat ek niemand kan sien en niemand my kan sien nie. Want ek verlang. Na iets.

Iets is om sorgeloos my boog te vat en sommer net vir ‘n paar uur aaneen te oefen. Ek mis dit so ek wil sommer tjank.

Nou hoekom doen jy dit  nie net nie, is wat my man sou vra? My boog hang immers teen die muur neffens my bed, sigbaar, raakbaar, hand-uitsteek-raakbaar. Het hy my al gevra. Maar ek kan nie.

Ek het selfs verlede week die agtergrond van my foon verander van iets wat vir meer as vyf jaar my met elke blik herinner het dat dit lekker is om in die goud te skiet.

Ek wil nie skiet nie want ek voel skuldig. Oor iets wat ek nog nie eers gedoen het nie. Vir my beteken skiet dat ek ook wil kompeteer. En daar is nie nou geld vir kompeteer nie. Een naweek se kompetisie- en petrolgeld kan ‘n halwe badkamer teel. ‘n Nuwe stel pyle wat ek kort kan my werkkamer se vloer wees. Ensovoorts ensovoorts.

En nou moet ek volgende naweek as beoordeelaar optree vir ‘n kompetisie. My hart skreeu van pyn as ek net dink aan vyftig ander mense wat ek moet dophou vir ‘n paar uur lank. Waaroor ek beheer het om te kan skiet. Gil van pyn. Onbeheersd.

Skuldig omdat ek soveel het om dankbaar oor te wees. Dat ek gespaar gebly het omdat ek ‘n kompetisie sou skiet en nie by die huis was toe my huis afgebrand het.

Maar ek verlang… en dit maak seer.

Advertisements
Categories: Slakresies en ander sport | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Verlange

  1. Verlang- klein woordjie vir baie eina partykeer Ongelukkig loop mens se lewe nie altyd in die paadjie wat jy wil he dit moet nie.

  2. Ek het hierdie gelees op my foon, en ek is so bly jy kan blog hieroor.

  3. Ag ek is tog net moeg verby om alles vir myself te hou. Ek voel net dat my familie en vriende mis so baie van my, en daar is tog goed wat ek wil deel sodat almal my beter kan verstaan.

  4. Terug pieng: Ek is boringste boring verby « Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: