Die Neus

Het julle kinders ook soms ‘n trui of ‘n Drimac by die skool verloor? Myne het… Die eerste twee kere het ek ‘n nuwe trui gekoop. Die derde keer toe stuur ek my kind na die skool se klerebank om haar verlore trui te gaan soek. “Mamma, my trui is nie daar nie.” Dis reg, sê ek vir haar, ek weet jou trui is nie daar nie, kíés een wat nou joune is. Einde van truie wat wegraak.

Vandag na pouse vra Pierre, een van die graad neges, of hy asseblief gou sy Drimac kan gaan soek. Bekommerde gesiggie… sy ma het seker ook so ‘n klip hart soos ek. So kom hy toe terug met ‘n baadjie, maar sy gesig vertel sommer vir my dis nie sy Drimac in sy hand nie. “What am I going to do Mam? I have a brand new Drimac. This one is old and too big for me.”… en die ene in sy hand is duidelik goed ingewy.  Dit was die enigste Drimac buite en die gevolgtrekking is dat die baadjies omgeruil geraak het. Wáár begin mens nóú soek?

Ewe kordaat steek Khaya sy hand op en kondig baie selfversekerd aan: “I will find his Drimac for him Mam.” Nog ‘n kind wat buite gaan rondloop op my kerfstokkie vir môre se personeelvergadering… “No, Mam, I don’t plan to go outside, I will smell it for him. We all sat together.” Ek en die klas het natuurlik uitgebars van die lag. Maar Khaya is ernstig en heel geaffronteerd oor ons dink hy is snaaks. Intussen verduidelik die arme bekommerde Pierre dat sy baadjie voor vol gel gemors het vanoggend, so dit sal maklik wees om op te spoor.

Al opsie wat Pierre regtig gehad het was maar om van Khaya se neus gebruik te maak. Khaya het nog steeds baie selfversekerd opgestaan en die ou Drimac begin besnuif. Eerste onder die arms. Jig!  Maar Khaya vat die baadjie, stap direk na Monique toe en sê: “This is your Drimac, Monique. It smells like you.” Ongelowig staar sy hom oopmond aan en kyk af na die baadjie wat sy aanhet. Die hele een kant vol gel kolle…

“I told you Mam. I told you that I will smell who the owner of the jacket is.” Sowaar. ‘n Neus in my beskeie klas uit ons beskeie lokasie. En toe lag hy vir my toe ek hom vertel.

“A nose is someone who develops new perfume blends, ranging from the blends used in personalized perfumes to scents which will be added to things like soaps and shampoos. At any given time, there are thousands of noses in the world, but only around 50 are truly talented individuals, some of whom are famous in their own right. The best perfume companies employ several noses to work on their scents, with others choosing to work independently, forming their own companies for the production and sale of fragrances.

The technical name for a nose is “perfumer,” with “nose” being more like a friendly slang term. In order to become a perfumer, someone has to have a natural aptitude for scent, combined with an extensive period of training. The best noses train in Grasse, France, a region which has been renowned for its perfume production for centuries, and it can take seven or more years to complete perfumery training.

Traditionally, a nose would have trained as an apprentice, working with another perfumer, often a family member, to learn the tricks of the trade. In addition to being able to identify and blend scents, a nose must also think about issues like the cost of production, the stability of a scent after bottling, and how a scent will interact with other substances. Modern noses typically pursue advanced degrees in chemistry in addition to training in the scent industry, and many also study psychology, since psychology is a very important aspect of the perfume industry.”

http://www.wisegeek.com/in-perfumery-what-is-a-nose.htm

Advertisements
Categories: Skoolhou | 2 Kommentaar

Artikelnavigasie

2 thoughts on “Die Neus

  1. Ek hoop die kind kry die geleentheid om sy talent te ontwikkel en te gebruik.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: