Om ‘n braaivleisvuurtjie

Ons naweke bestaan tans uit bou. Bou, bou, bou… gewone naweke, skoolvakansies, vakansiedae. Ons bou ‘n tweede huis self. Sélf – nie voorman-self nie! Tweede keer bitterbene kou, maar dankbaar dat ons wél kan bou. Al het ons alles verloor is hierdie keer makliker, want ons het albei werk.

Bedags word hard gewerk maar aande hou ons oop vir ‘n braaivleisvuurtjie en kuier. Spesiaal. Rus. Nuwe energie vir môre se werk. Naweke net ek en Roelf, ander kere is die kinders by of vriende wat kom help bou.

Dit was vrekkoud die afgelope naweek, maar ons vuurtjie het ons gebou en ons vleisie het ons gebraai. Gekekkel en gelag, in stilte na die vlamme getuur en die lewe oordink. Nader geskuif as die vlamme klein raak, en weer wyd gaan sit as ‘n nuwe stomp opgegooi word.

Om ons braaivleisvuurtjie hoor mens wáre wyse en slimme goed, nie voggiewyshede nie. Slimme goed soos klein Jesse wat my hart laat tjoklits klop het toe hy die woord ‘karikatuur’ in die regte konteks in ‘n sin gebruik het. Vyf jaar oud. Ek het omtrent van my stoel afgeval! Tien uit tien vir sy ouers… sommer ‘n medalje ook, ja.

Smôrens het die twee kleintjies heerlik met hulle trokkies in die as gespeel en so het die vuurtjie ‘n verdere doel gedien. Wian het sommer op sy magie gelê en speel met sy karretjies. Lekker vir my om te sien dat dorpsjapies nog toegelaat word om gewone kinderdinge te doen. So kies ‘n mens maar jou vriende, doodgewone mense soos jy.

Die aande wat ons nie gebraai het nie, het ons nog steeds maar ‘n vuurtjie gebou. Geput uit al die energie wat oor jare bymekaar gemaak is en nou in een aand omsit na hitte- en ligenergie; dit deel gemaak van ons eie energie. Potensiële energie vir môre se harde werk… uit ons eie braaivleisvuurtjie.

*Jesse en Wian is ons vriende se seuntjies

Advertisements
Categories: Plaaslewe | 2 Kommentaar

Artikelnavigasie

2 thoughts on “Om ‘n braaivleisvuurtjie

  1. So kry ek my energie uit die see en uit die berg. More durf ons Gauteng aan, die laaste keer wat ons daardie kant toe was het ons nog onder julle grasdakhuis se dak geslaap.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: