Die lewe bak vandag ‘n gebrande plaatkoekie met my

Dis nou daai Maankind  met haar lewenskoekie resep wat hierdie gedagtes ontketen in my. Of ‘n naam gee aan hierdie Maandag. Hierdie blou Maandag.

Hoekom is daar party dae wat net GOOR is? My eerste klas vandag het die mengsel aangemaak. Ek dink hulle het te veel vloeistof bygegooi. Nie hulle huiswerk gedoen nie, en dit was net ‘n bietjie prentjiesplak. En toe ek nou mooi kyk, het hulle Vrydag ONDER my neus net mooi niks van hulle klaswerk gedoen nie.

Die tweede klas het die stoof te hoog gestel… laatkommery, doen geen klaswerk nie… en so gaan die dag verder tot vervelens toe. Dit terwyl ons in die personeelkamer gekasty word om MEER te doen om die bloedjies te motiveer.

My dogter se Facebook status van vandag som dit nogal op: ‘Life has this funny way of creeping up behind you and biting you on the ass!!!”

Sug. Eers half drie gery by die skool en nou moet ek die 20km terug dorp toe oor ‘n halfuur, dis liewe oueraand vanaand. Sodat jy vir mammie met die klipdom kind moet VERDUIDELIK  hoekom jy so slegte onnie is.

Maar my liewe Ma het ons geleer om altyd die goue randjie om die donker wolkie te soek, en die karamelsousie vir die plaatkoekies is perfek… my bankrekening wys dat die departement van Onderwys my salaris nou betaal (nog net ‘n tydelike pos) al het hulle net Vrydag vir die onderhoof bevestig dat my aanstelling nog nie deur is nie!

Advertisements
Categories: Skoolhou | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Die lewe bak vandag ‘n gebrande plaatkoekie met my

  1. Karamel jou lékker ding!

  2. Geld wat stom is maak reg wat krom is! 😉

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: