Die dag toe juffrou gevlieg het

In mý klas moet kinders verbeelding kan gebruik. Hoe verduidelik jy vir ‘n kind hoe ‘n atoom werk as hy dit nie kan sien nie? “Juffrou hoe weet mens dat ‘n atoom massa het as dit dan so klein is dat daar nie ‘n skaal bestaan waarmee jy dit kan weeg nie?” Wetenskap kan tog só ‘n abstrakte vak wees van wit of swart dat mens maar jou eie grysgebied moet skep met verbeeldingsvlugte en grappies… en gelukkig is mý verbeelding kleurvol en groot!

‘n Jaar of wat gelede is ons in die graad nege klasse besig met kragte, die effekte daarvan en wanneer verrig jy nou eintlik arbeid. Hulle hou natuurlik baie daarvan as ek hulle inspan as modelle wat een of ander iets verteenwoordig.

Vir die van julle wat lank laas in die skool was, eers ‘n wetenskap les  – arbeid word slegs verrig wanneer ‘n voorwerp in die rigting beweeg van die krag wat daarop toegepas is.  Wanneer ‘n krag toegepas word op ‘n voorwerp kan jy die vorm verander, dit stop of laat beweeg, die snelheid verander, van rigting laat verander, ensovoorts.

Die eerste klas om die les te kry stap toe in. So staan ek en ‘n paar gewilliges voor in die klas en demonstreer die hele ketoet. Ek fluister in elkeen se oor wat hy moet doen sodat die effek wat gedemonstreer word uit die situasie duidelik word en nie uit juffrou se woorde nie. Ons moet mos pedagogies en uitkomsgebaseerd korrek wees om leerders geleentheid te gee om op verskillende maniere te leer… en so kan ons ook bietjie pret inwerk in die wetenskaplike vervelendheid.

Ek verduidelik mooi in Lebogang se oor dat ek stadig gaan stap, dan moet hy ‘n ligte krag (lees stampie…) op my moet  toepas sodat ek van rigting kan verander wanneer ek die teken gee. In die stilligheid van my eie ou gedagtetjies besluit ek toe dat ek net so kléín sprongetjie gaan gee, want ek is bang ek verander nie van rigting nie…. En in die stilligheid van sý eie gedagtetjies besluit Lebo dat ‘n ligte krag nie genoeg gaan wees nie…

Een… twee… drie… vier treëtjies en dan gee ek die teken – en ons twee se stilligheidjies word toe ‘n reuse krag en ek VLIEG meer as twee meter deur die lug! Ek mis die voorste ry net-net en land amper bo-op ‘n kind se bank, my kop klap dat my tande kletter  en  ek val met my hele gewig op my regter knie.

Die arme Lebo se gesig sal ek nooit vergeet nie… asvaal, oë wyd oopgesper en albei hande oor sy mond van skrik. Ek was dalk net so wit… dit was so seer ek wou huil maar ek het maar net staaaadig orent gekom en hom gerus gestel dat ek nog lewendig is. Die klas was tjoepstil, te bang om ‘n verkeerde geluid te maak.  Toe breek ek die ys deur hardop te begin lag en vertel hulle die wonderlike gevoel van vlieg het alles die moeite werd gemaak…

En so is ‘n kosbare herinnering geskep vir ons almal… die dag toe juffrou gevlieg het!

Advertisements
Categories: Skoolhou | 7 Kommentaar

Artikelnavigasie

7 thoughts on “Die dag toe juffrou gevlieg het

  1. Nou klink dit snaaks, maar ek is seker dit was nie toe snaaks nie. Jy is ‘n gebore onderwyser!

  2. Dit was toe ook snaaks, al was dit seer. Ek het vandag vir Lebogang gese ek het ‘n storie daaroor geskryf, hy se hy wil dit graag lees.

    Ek het nie gedink dat ek van onderwys sal hou nie, maar ek GENIET die kinders. Al die papierwerk maak my net lam, en die tyd wat mens spandeer waarvoor jy nie betaling kry nie. En ek is mos maar deeglik, as ek iets doen gee ek my alles

  3. Wonderlike storie. Ek is seker die kinders gaan nie daardie les gou vergeet nie.

  4. Dapper en baie geduldige juffrou! Newton se 3e wet?

  5. Gogga

    UItstekende les! al is ek seker die onthou gaan oor ‘n hele paar meer redes wees as net krag

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: