Klip-klip

Klip-klip

is ‘n klop-klop.

Klip klop aan my hart…

Hou my – nee, grýp! my binne vas.

Sommer ‘n gediggie wat ek vir Roelf geskryf het jare gelede, wat ek nog altyd uit my kop uit ken. Dit was op ‘n klein stukkie papier geskryf  in ‘n blikkie op my spieëlkas van doerdie tyd af. Ons was kort getroud en met vakansie by Ramsgate. Hy het gou geleer dat die pad na my hart blommetjies groei as hy vir my mooi goedjies optel en bring.

Hy het vir my ‘n besondere golf-en-sandgeskuurde klippie gegee wat vir ses-en-twintig jaar altyd naby my was. Wit-romige kleur met ‘n tekstuur wat my laat dink het aan ‘n stukkie gepoleerde versteende hout, wat ek nog nooit êrens anders gesien het nie. Amper reghoekig in vorm, met twee gaatjies waar sandkorreltjies ronde ogies in geskuur het oor ‘n baie lang tyd. In my laboratoriumjas se sak. Bo-op my lessenaar. In my wegsteekplekkies saam met ander kosbaarhede. Afhangend van my gemoedstoestand dáár vir voel of kyk.

My klippie was daar vir troos in seer tye, sommer net vir kyk in bly tye. Was.

My klippie het perfek in my hand gekoester. Het.

HET!

Ek het vir ‘n week lank elke dag met ‘n sif gesit en soek. Geduldig. Wenend. Stukkend. Gedink dis iets wat die hellevuur sou oorleef.

Nou, na al die jare, wil ek my gediggie voltooi.

Klip-klip

was ‘n klop-klop.

Klip is nou net in my hart.

Advertisements
Categories: Gedigte, Slakkeding | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “Klip-klip

  1. Ai Kobie, ek het saam met jou geween toe ek hoor hoe jy met daardie siffie sit in die as van jou huis! Maar jy is ‘n inspirasie vir almal om agter te laat en vorentoe te kyk.

  2. Ek kan nou maar eers begin praat van die binne-seer.

  3. Hierdie bloggery is baie terapeuties. Mens leer ook baie van ander se lewens en hulle seer. En mense verstaan beter as wat jy dink! Hier is wonderlike mense op WordPress blogs, en mens leer ken hulle so stadigaan.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: