Om jou eie jy te wees

In ons huis gee ons mekaar ruimte om jou eie jy te wees. Nie net vir die mense nie, maar ook vir ons diere.

Oreo die pragtige swart kat se uniekheid is dat sy soms dink sy is ‘n hond. Wanneer ons veld toe stap, dan is madam by. Bietjie frustrerend, want sy stap so paar tree agter en storm dan kort-kort vorentoe… skrik haar in ‘n ander bloedgroep in as ‘n wildebees skielik blaas. Dan staan die hare op haar rug soos ‘n wafferse rifrughond orent en haar stert is driedubbel-groot.

Ons naaste bure met hubare katte is so twee kilometer ver. Maar mankry het sy gedoen. Toe dit sulke tyd was vir haar, was sy vir twee weke lank  weggewees op soek na man. Sy was die oulikste mamma wat mens aan kan dink. Met die eerste klomp kleintjie het die voornemende veearts in die huis die katjies uitgehelp toe sy lank in kraam was. Twee keer het ons haar toegelaat, en haar toe maar laat regmaak want ons senuwese kon dit nie hou met Oreo op soek na man en jakkalse wat blaf in die nag nie.

Pippie Pipstert is ‘n fraaie, fyne meisiekind, amper nege maande oud… en Oreo is haar beste maatjie. Net vanoggend vang ek weer die twee aan’t muis jaag deur die kombuis. Wat hulle dan deel, soms eet Oreo die muis en soms kry Pips ‘n beurt. Die verskil is net dat Pips die muis nie dadelik eet nie, maar eers ‘n week met die biltongmuis speel voordat sy hom uiteindelik op kou.

So paar weke terug vang ek vir Pippie saam met Oreo in ‘n droë boom agter die huis, baie gemaklik gebalanseer op die tak – Vryheid is om te doen net wat jy wil op die plaas, om jou eie jy te wees.

Advertisements
Categories: Plaaslewe | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “Om jou eie jy te wees

  1. Waar is Slooi?

    • Een dag het ek vir hulle slaai gevoer wat seker besmet was met pestisiedes (en om te dink ons eet ook die goed!) en al my troetels het gedooi. Ek het lieflikes gehad, 4 verskillende spesies.

      Ons het natuurlik Achatina immaculata’s hier, soos die wat jy ken, maar hulle is BAIE skaars om te kry. Wil weer een hê wat ek wil klas toe vat.

  2. Ek het ‘n hond gehad wat gedink het sy is ‘n mens. 😆

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: