Wat is ‘n naam nou tog?

Ons voorouers het mos name vir kinders baie ernstig opgeneem. Julle ken mos die ou-ou storie… die eerste seun kry die oupa aan vaderskant se naam, die tweede seun kry die ma se pa se naam. As daar nog seuns is dan word die ooms in volgorde weer weerskante toe vernoem… maar moet tog net nie vergeet dat Ouma ook vernoem wil wees nie! En so woeker die boere voort om almal vernoem te kry!

In ons familie wat dit ook niks anders nie. Die verskil is net – ons is sewe dogters en daar was genoegsame geleentheid vir al die oumas en tantes om vernoem te word. Ten einde laaste is daar darem ‘n boetie gebore vir Pa… die glips was toe die wenner.

My ouers het egter ons name ver-Afrikaans deur byvoorbeeld die c’s te vervang met k’s. Jakoba moes Jacoba wees, Lodewicus het Lodewikus geword en die mooie Hollandse Heiletje het Heila geword. So het hulle tog ‘n effense uniekheid aan ons verleen, en ek wonder soms hoeveel ongelukkigheid daaronder die konserwatiewe ouer garde was oor dié verandering.

My naam het ‘n ander uniekheid aan hom… ek is uit beurt uit vernoem. Een van my ma se susters was kinderloos en het gevra of sy nie maar die beurt kan kry nie, en so is ek toe nie Maria Magdalena nie. Baie later was daar groot vreugde vir haar toe sy uiteindelik swanger was.

Wat eíntlik aan my voet se sagte plek krap –  die gebruik dat hierdie tantes dan nou die kind wat na haar vernoem is belaai met geskenkies met verjaardae en Kersfees. Hierdie tante van my het gestand aan die gewoonte elke geleentheid gevier met ‘n pakkie in die pos. Wonderlik! Maar nie wonderlik as jy die enigste een is wat iets kry in ‘n arm gesin nie… en jy klein is en jou opgewondenheid moet wegsteek want jy sien die seer op jou sussies se gesiggies. Dan verstaan jy waarom jou Ma jou sagte bassethond in die kas bêre en wegkyk as sy sien jy haal dit skelm uit om daarna te kyk , want dit was die enigste sagte speelding in die huis. En jy gee laasjaar se pop vir jou sussie sodat julle elkeen een het.  Seker díe dat ons nooit pop gespeel het nie.

Met die tyd het die pakkies ook maar opgedroog en dit was vir my goed. Ek het dit nie gemis nie, want ek het verraai gevoel… Sy het nooit belang gestel om my as mens te leer ken nie, my nooit vir ‘n vakansie genooi om te gaan kuier nie. Ek was vir haar net ‘n naam. Haar naam. Wat ek in elk geval nooit was nie, want ek was tien dae oud toe iemand my aangespreek het as Lewiesa instede van Louise en my ouers my onmiddellik ‘n ander naam gegee het.

So paar jaar terug het ek verhuis en het ek die hoofstuk afgesluit deur my ongespeelde hond in die asdrom te gooi. Maar ek het bietjie gehuil daaroor. Eintlik snot en trane getjank.

So… vir my kan jy enige iets noem, solank jy dit met respek sê, want wat is ‘n naam nou tog!

Advertisements
Categories: Lankal terug | 7 Kommentaar

Artikelnavigasie

7 thoughts on “Wat is ‘n naam nou tog?

  1. Hierdie is ‘n wonderlike platform waar mens oor hierdie sielsgoed en hartsgoed kan skryf.
    Jou slakkie is tog te fraai!

  2. thestonemaidendiaries

    Jy skryf oulik, lekker gelees dankie.

  3. Albei ons oumas se eerste name was Anna, so heet beide ek en my oudste suster Anna. Sy is nog steeds Anna maar ek moes toe aan my tweede naam uitgeken word wat ek gehaat het. Gelukkig is ek baie lief vir my bynaam wat my broer my gegee het omdat hy nie die regte naam kon uitspreek nie.

  4. Ek het dit geniet.

  5. Nee, ek noem jou niks name nie, net respek… Baie mooi geskryf.

  6. lekker lees stukkie, ook e ‘s en c’s bygekry….jy laat ons boerehartjies warm klop met die so bekende annersgeite

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: